Lesetlheng is 'n nedersetting in die Mankwestreek van Suid-Afrika, op die grens van die Pilanesbergwildreservaat in die Noordwesprovinsie. Dit val onder die Moses Kotane Plaaslike Munisipaliteit wat onder die Bojanala-distriksmunisipaliteit ressorteer.
Dit is die tuiste van die Moruleng-stadion, waar Platinum Stars ook van hul wedstryde speel. Die stadion en dorp het beide Nieu-Seeland en Engeland se nasionale sokkerspanne gehuisves tydens hul voorbereiding vir die 2009 FIFA Konfederasiebeker- en 2010 FIFA Wêreldbeker-kompetisies.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Noordwes