Die Suid-Afrikaanse Klas 39-000 van 2006 is 'n Suid-Afrikaanse diesel-elektriese lokomotief uit die Spoornet-era.

Transwerk het in 2005 met 'n projek begin om eenhonderd bestaande lokomotiewe tot nuwe Klas 39-000 Electro-Motive Diesel tipe GT26CU-3 lokomotiewe vir Spoornet om te bou. Slegs vyf is uiteindelik omgebou en in diens gestel tussen April 2006 en 2009.

Vervaardiging In 2005 het Transwerk, later herdoop na Transnet Rail Engineering (TRE), en in 2013, Transnet Engineering, begin met 'n projek om die bestaande lokomotiewe in Klas 39-000 vir Spoornet te herbou. Die Electro-Motive Diesel tipe EMD GT26CU-3 diesel-elektriese lokomotiewe sou herbou word van Klas 34-600 en 34-800 tipe GT26MC en Klas 37-000 tipe GT26M2C lokomotiewe. Die oorspronklike lokomotiewe is almal ontwerp deur General Motors Electro-Motive Division (GM-EMD) en is gebou deur General Motors Suid-Afrika (GMSA) in Port Elizabeth tussen 1974 en 1981. Geskikte rame van ou skrootlokomotiewe is gebruik.South African Railways Index and Diagrams Electric and Diesel Locomotives, 610mm and 1065mm Gauges, Ref LXD 14/1/100/20, 28 Januarie 1975, soos gewysig

Die herbouwerk is by die Transwerk werkswinkels in Bloemfontein onderneem. Daar is beoog om 'n honderd Klas 39-000s te produseer, maar ten spyte van die tegniese sukses van die TRE-deel van die projek, is herbou gestaak ná die voltooiing van slegs vyf lokomotiewe, na bewering as gevolg van hoër-as-verwagte koste. Daar is besluit om in plaas van die herstel van 'n honderd ou lokomotiewe, eerder die program voort te sit met die bou van vyftig nuwe Klas 39-200 lokomotiewe.Railways Africa, 12 Desember 2008: The Class 39 Diesels

Bron Paxton, Leith & Bourne, David. Locomotives of the South African Railways. Struik.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine