Die Suid-Afrikaanse Klas 39-200 van 2009 is 'n Suid-Afrikaanse diesel-elektriese lokomotief uit die Transnet Freight Rail era.

Teen die einde van 2009 is die eerste van vyftig Klas 39-200 Electro-Motive Diesel tipe GT26CU-3 diesel-elektriese lokomotiewe in diens gestel deur Transnet Freight Rail. Die lokomotiewe is nuut gebou na 'n vroeëre projek om ouer lokomotiewe na Klas 39-000 lokomotiewe te herbou laat vaar is.Railways Africa, 12 Desember 2008: The Class 39 Diesels

Vervaardiging Die Klas 39-000 projek

In 2005 het Transwerk, later herdoop na Transnet Rail Engineering (TRE), en in 2013, Transnet Engineering, begin met 'n projek om die bestaande lokomotiewe in Klas 39-000 vir Spoornet te herbou. Die Electro-Motive Diesel tipe EMD GT26CU-3 diesel-elektriese lokomotiewe sou herbou word van Klas 34-600 en 34-800 tipe GT26MC en Klas 37-000 tipe GT26M2C lokomotiewe. Die oorspronklike lokomotiewe is almal ontwerp deur General Motors Electro-Motive Division (GM-EMD) en is gebou deur General Motors Suid-Afrika (GMSA) in Port Elizabeth tussen 1974 en 1981. Geskikte rame van ou skrootlokomotiewe is gebruik.South African Railways Index and Diagrams Electric and Diesel Locomotives, 610mm and 1065mm Gauges, Ref LXD 14/1/100/20, 28 Januarie 1975, soos gewysig

Die herbouwerk is by die Transwerk werkswinkels in Bloemfontein onderneem. Daar is beoog om 'n honderd Klas 39-000s te produseer, maar ten spyte van die tegniese sukses van die TRE-deel van die projek, is herbou gestaak ná die voltooiing van slegs vyf lokomotiewe, na bewering as gevolg van hoër-as-verwagte koste. Daar is besluit om in plaas van die herstel van 'n honderd ou lokomotiewe, eerder die program voort te sit met die bou van vyftig nuwe Klas 39-200 lokomotiewe.

Die nuwe Klas 39-200 Die Klas 39-200 lokomotiewe is nuut gebou van ingevoerde en plaaslik vervaardigde komponente by die Koedoespoort TRE werkswinkels oos van Pretoria, in samewerking met EMD. Teen Oktober 2009 was meer as twintig lokomotiewe reeds gebou en het roltoetse ondergaan, en teen April 2010 het die laaste van vyftig lokomotiewe van die produksielyn afgerol. Die bouprojek is in twaalf maande voltooi en hulle is in die reeks 39-201 tot 39-250 genommer.Railways Africa, 6 April 2010: Final 39-200 Rolls Out

Kleurillustrasies Al die klas 39-200 lokomotiewe is in die Transnet Freight Rail-kleurskema afgelewer.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine