Die Suid-Afrikaanse Klas 34-500 van 1974 is 'n Suid-Afrikaanse diesel-elektriese lokomotief van die Suid-Afrikaanse Spoorweë-era.

Tussen 1974 en 1977 het die staatsbeheerde Suid-Afrikaanse Yster en Staalkorporasie (nou Kumba Iron Ore) vier-en-veertig General Electric tipe U26C diesel-elektriese lokomotiewe in diens geplaas op sy 1974-geboude Sishen-Saldanha ysterertslyn, en as swaar rangeerders by die Sishenmyn.

In 1977 is 'n verdere twee lokomotiewe vir die Douglas Colliery naby Witbank gebou. Nege en dertig van die Yskorlokomotiewe is ook in 1977 oorgeplaas na die Suid-Afrikaanse Spoorweë, waar hulle aanvanklik aangewys was as Klas 34-400 ex Iscor, maar later bekend staan as Klas 34-500.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine