Die Suid-Afrikaanse Klas 35-000 is 'n tipe diesellokomotief - tegnies 'n diesel-elektriese lokomotief - wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë op sylyne in Suid-Afrika gebruik word. Dit is 'n Co-Co (twee drie-as draaistelle met 'n elektriese motor elk per as) ontwerp. Die 35-000 en 35-400 reekse is deur General Electric gebou tussen 1972 en 1976. Die eerste reeks is ingevoer en die laaste reeks in Suid-Afrika gebou. Hulle is toegerus met 'n vierslag-V8-turboaangedrewe en na-verkoelde dieselenjin wat 'n gelykstroomgenerator aandryf en ses traksiemotors wat op die aste geïnstalleer is.

Tussen Maart 1972 en Mei 1973 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë sewentig Klas 35-000 General Electric tipe U15C lokomotiewe in taklyndiens geplaas.

Die 35-200 en 35-600 reekse is deur General Motors (EMD) tussen 1974 en 1976 gebou. Die eerste 25 is ingevoer en die res in Suid-Afrika gebou. Hulle is toegerus met tweeslag-V8-turboaangedrewe en na-verkoelde dieselenjins wat 'n gelykstroomgenerator aandryf en ses traksiemotors wat op die aste geïnstalleer is.

Al die lokomotiewe in die klas beskik oor dinamiese remme.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine