Klas 34 is 'n tipe diesellokomotief - tegnies 'n diesel-elektriese lokomotief - wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie lokomotief is 'n voorsetting van die Co-Co (twee drie-as draaistelle met 'n elektriese motor elk per as) hooflynontwerp.

Die 34-200 reeks is deur Electromotive Division of General Motors verskaf in 1971 en 1972. Die 34-200 reeks is in sy geheel ingevoer terwyl die ander reekse in Suid-Afrika vervaardig is. Die vervaardiger se nommer is GT26MC.

Hulle is toegerus met 'n tweeslag-V16-turboaangedrewe, na-verkoelde dieselenjin wat 'n wisselstroomaltenator aandryf. Die wisselstroom word beheer deur elektroniese toerusting wat die ses traksiemotors, wat op die aste geïnstalleer is, aandryf.

Bron Paxton, Leith & Bourne, David. Locomotives of the South African Railways. Struik.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine