duimnael|regs|170px|Ds. Coligny Nel, van 1942 tot 1947 Durban-Wes se eerste leraar. duimnael|regs|170px|Ds. F.J. van der Merwe, van Maart 1948 'n jaar en 11 maande lank die gemeenteleraar. duimnael|regs|170px|Ds. P.A. Prosch was van 1950 tot 1959 Durban-Wes se derde leraar. Ten tyde van sy vertrek het die gemeente 767 belydende lidmate gehad en 'n sieletal van 1 340, vergeleke met 460 en 859 in 1948. duimnael|regs|170px|Ds. B.J.K. Anderssen was Durban-Wes se leraar in die laat sestigerjare van die vorige eeu.

Die NG gemeente Durban-Wes is ’n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die provinsie en Sinode van KwaZulu-Natal.

Soos talle ander gemeente in Durban, was Durban-Wes geleidelik aan die wegkrimp met net 187 belydende lidmate in byvoorbeeld 2010, maar op 13 November 2011 is sowel Hillary (gestig 1956; 358 belydende lidmate in 2010) as Malvern (gestig 1970; 630 belydende lidmate in 2010) by Durban-Wes ingelyf sodat laasgenoemde teen 2015 1 069 belydende lidmate gehad het, net 106 minder as die drie gemeentes se totaal in 2010. In dieselfde tydperk het die Ringe van Durban en Durban-Suid se belydende lidmate afgeneem van 7 933 tot 6 598, ’n afname van 16,8%, vergeleke met die samegestelde Durban-Wes se afname van net 9%.

Stigting In die Ringsverslag van Pietermaritzburg van April 1940 staan die volgende betekenisvolle paragraaf opgeteken: "Dit is toe onder die aandag van die Ring gekom dat Durban se gemeente te groot is, en almal het gevoel dat die werk in die groot stad beter behartig sou kon word as die gemeente in twee, en heel moontlik nog in drie, verdeel kon word. Dit is toe aan die Ringskommissie opgedra om dadelik sy aandag aan die saak te gee en te sien in hoever so iets prakties en moontlik is en om dan tot die verdeling van die gemeente oor te gaan."

Uit die notule van die kerkraad van Durban, 13 Desember 1940 blyk dat "die beginsel om af te stig deur die vergadering goedgekeur is". Waarborglyste is uitgestuur en op die gekombineerde kerkraadsvergadering van 13 Desember 1941 stel mnr. J. de Wit voor dat Sea View-Pinetown as 'n aparte gemeente afgestig word. Hierdie voorstel is deur mnr. O.J. Bester gesekondeer en deur die kerkraad aanvaar.

Met 'n lidmaattal van 671 en 'n sieletal van 1 075 is Sea View-Pinetown deur die Ringskommissie van die Ring van Pietermaritzburg op 25 Julie 1941 afgestig en is ds. G.C. van Rooyen van Durban as die eerste konsulent benoem. Durban-Suid is net die dag vantevore afgestig.

Eerste leraars Ds. C. Nel het as eerste leraar van Durban-Wes die gemeente vyf jaar bedien en gedurende hierdie tyd het om meer die bou en inwyding van die kerksaal sowel as die afstigting van Pinetown op 20 September 1948 plaasgevind.

Op Vrydag 5 Maart 1948 is ds. en mev. F.J. van der Merwe verwelkom in die plek van ds. Nel wat 'n beroep na Melville aangeneem het, en op Saterdag 6 Maart is hy bevestig. Op Sondag 7 Maart lewer hy sy intreepreek en bedien die gemeente 'n jaar en elf maande.

Hierna is prop. P.A. Prosch op Maandag 13 Februarie 1950 beroep en op Saterdag 8 April bevestig. IN 1952 was die lidmaattal 678, die sieletal 1 030, die diensdoende kerkraadslede 32 en die gemeente in 16 wyke verdeel.

Latere geskiedenis Op die webtuiste van die NG Kerk in KwaZulu-Natal skryf Hannes Zwarts van Durban-Wes enkele jare gelede (waarskynlik 2008): "Weens verslegtende ekonomiese tendense en verminderde lidmaattal, het die gemeente se profiel drasties verander. In Oktober 1999 moes ons afskeid neem van ons voltydse leraar. Onder sy leiding het hy die gemeente gelei om selfstandig te bly fonksioneer en daar het ons geleer om nie ‘n “dominee-kerk” te wees nie. Omstandighede het ook daartoe bygedra dat ons ons kerkgebou moes prysgee. Einde November 2000 het ons die deure van ons geliefde kerkgebou finaal gesluit. Met groot hartseer het ons afskeid geneem. Die volgende erediens wat gehou was, het plaasgevind in die Seaview skoolsaal, wat nou vir die afgelope agt jaar ons plek van aanbidding is.

"Deurdat die samesyn van gelowiges so ’n heerlike ervaring is, hou ons nou al vir die afgelope elf jaar maandeliks ’n vlooimark wat alom bekend geraak het. Ons is dankbaar daarvoor dat ons werk aan andere kan verskaf om so ook brood op hulle tafel te verseker. Na vele in-diepte navorsing en gebed het ons besluit om voorlopig nie die gemeente by ’n buurgemeente in te skakel nie, maar voort te gaan as ’n kombinasie-gemeente met Malvern. Malvern se twee leraars lei om die beurt op ’n Sondagoggend die erediens. Een leraar is verantwoordelik vir huisbesoek en woon kerkraadsvergaderings by. Ons finalejaar katkisante woon ook die klasse te Malvern by. Ons vergoed Malvern maandeliks finansieel soos ooreengekom deur beide die kerkrade vir die dienste van leraars.

"Ons benader die toekoms met nugtere denke. Aangesien tendense meebring dat gemeentes kleiner word, neem ons deel aan gesprekvoering met die aangrensende gemeentes op ’n moontlike makrostruktuur. Ons toekoms is egter nie in ons eie hande nie, maar ons sal steeds die ligbaken in die area bly om hier te woeker en te werk tot eer van die Here en tot uitbreiding van die Koninkryk."

Hier die situasie het voortgeduur tot Durban-Wes, Hillary en Malvern op 13 November 2011 onder die naam Durban-Wes saamgesmelt het.

Enkele leraars Coligny Nel, 1942 - 1947 Frederik Johannes van der Merwe, 1948 - 1950 Paul Arnold, Prosch, 1950 - 1959 George Johannes Viljoen Bell, 1951 – 1956 Annis du Toit, 1959 - 1960 Balthazar Johannes Kloppers Anderssen, omstreeks 1969

NG gemeentes in Durban In 1960 het die Ring van Durban bestaan uit 13 gemeentes met 8 322 belydende lidmate, maar die gemeente Weza-Port Shepstone het later 'n afsonderlike ring geword sodat die 12 oorblywende gemeentes 7 698 belydende lidmate gehad het. In 1985 was daar twee Durbanse ringe, te wete Durban en Durban-Suid. In die gesamentlike getal van 20 gemeentes was daar toe 12 464 belydende lidmate. In 2000 het daar 19 gemeentes oorgebly met 10 241 belydende lidmate, maar die getal gemeentes het teen 2015 afgeneem tot 14 en die belydende lidmate tot 6 600.

Naam Stigtingsdatum Status Bel. lidm. 1960 Bel. lidm. 1972 Bel. lidm. 1985 Bel. lidm. 2000 Bel. lidm. 2015 Bel. lidm. 2016 Durban 1913 Bestaan nog 632 1 117 667 208 35 30 Noordkus 1940 Bestaan nog 500 709 500 480 342 352 Port Natal 1945 Bestaan nog 1 100 1 126 434 326 125 146 Berea 1945 Bestaan nog 790 1 038 470 287 68 73 Pinetown 1946 Bestaan nog 651 1 422 971 823 327 407 Durban-Noord 1958 Ingelyf by Umhlanga 2006 415 648 501 410 – – Glenwood 1961 Ingelyf by Port Natal 1992 – 489 415 – – – Escombe 1974 Bestaan nog – – 670 507 220 200 Westville 1975 Bestaan nog – – 498 537 331 352 Durban Reformed 1977 Ontbind 2004 – – 76 46 – – Krantzkloof 1984 Bestaan nog – – 315 258 660 679 Umhlanga 1978 Bestaan nog – – 332 565 735 561 Durban-Suid 1941 Saamgesmelt met Montclair as Durban-Oos 2005 600 1 132 884 643 – – Durban-Wes 1941 Bestaan nog 767 797 648 458 1 069 999 Fynnland 1955 Bestaan nog 793 1 284 1 033 680 372 331 Hillary 1956 Saamgesmelt met Malvern, Durban-Wes 2011 660 530 566 405 – – Malvern 1970 Saamgesmelt met Hillary, Durban-Wes 2011 – 460 1 003 827 – – Montclair 1951 Saamgesmelt met Durban-Suid as Durban-Oos 2005 450 1 050 820 503 – – Scottburgh 1978 Bestaan nog – – 325 653 584 409 Suidkus 1958 Bestaan nog 340 776 1 336 1 625 1 400 1 532 Durban-Oos 2005 Bestaan nog – – – – 332 334 Totaal 7 698 12 578 12 464 10 241 6 600 6 405

Bronne Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers. Gemeentebesonderhede op die webtuiste van die NG Kerk in KwaZulu-Natal . URL besoek op 19 Julie 2015.

Eksterne skakels Sedert 2011 is die tuiste van die NG gemeente Durban-Wes die kerkgebou van die destydse NG gemeente Malvern by Jo Naudéweg 7, Malvern. URL besoek op 19 Julie 2015. Die destydse kerkgebou van Durban-Wes by Sarniaweg 489, Sea View, Durban. URL besoek op 20 Julie 2015. Die kerkgebou van die destydse gemeente Hillary by Stellaweg 152, Hillary, Durban. URL besoek op 20 Julie 2015. Besonderhede van die gemeente Hillary op die NG Kerk in KwaZulu-Natal se webtuiste . URL besoek op 20 Julie 2015. Besonderhede van die gemeente Malvern op die NG Kerk in KwaZulu-Natal se webtuiste . URL besoek op 20 Julie 2015.

Kategorie:Durban Durban-Wes