Hidra is die verste natuurlike satelliet van Pluto. Dit is in Junie 2005 saam met die maan Nix ontdek en is in Julie 2015 saam met Pluto besoek deur die ruimtetuig New Horizons. Hidra se oppervlak is waarskynlik bedek met waterys, die soort ys wat die meeste in die heelal voorkom. In die maan se helder streke is donkerder, ronde strukture waargeneem met ’n deursnee van sowat 10 km. Die persentasie lig wat van Hidra se oppervlak weerkaats word, is tussen dié van Pluto en Charon se oppervlak.https://www.nasa.gov/image-feature/hydra-emerges-from-the-shadows
Ontdekking Hidra is ontdek deur die Hubble-ruimteteleskoop se Pluto-metgeselsoekspan met onder andere Alan Stern. Die ontdekkingsfoto's is op 15 en 18 Mei 2005 geneem; Nix en Hidra is onafhanklik deur Max J. Mutchler (op 15 Junie 2005) en Andrew J. Steffl (op 15 Augustus 2005) ontdek. Die ontdekkings is op 31 Oktober 2005 aangekondig. Die mane is voorlopig (Hidra) en (Nix) genoem.IAU Circular No. 8625
Naam duimnael|250px|links|Foto van Pluto wat uitgereik is met die aankondiging van die mane se name. Die naam Hidra is op 21 Junie 2006 deur die Internasionale Sterrekundevereniging aangekondig,IAU Circular No. 8723 saam met die amptelike naam, Pluto III. Dit verwys na Hidra, die negekoppige slang uit die Griekse mitologie waarteen Herakles geveg het. Die nege koppe van Hidra verwys na Pluto se destydse status as die negende planeet van ons Sonnestelsel; die aanvangsletter, H, verwys na die Hubble-ruimteteleskoop wat Hidra ontdek het en die New Horizons-sending wat die motivering vir die neem van die foto's was.Neil deGrasse Tyson, 2009, The Pluto Files
Die ander mane van Pluto (Charon, Styx, Nix en Kerberos) het ook name gekry uit die Griekse mitologie wat met die onderwêreld verband hou.
Wentelbaan Die maan wentel om die massamiddelpunt van die Pluto-stelsel op dieselfde vlak as Charon en Nix, op ’n afstand van sowat 65 000 km. Die eksentrisiteit van sy wentelbaan is 0,0059 en dus klein, maar die grootste van Pluto se klein mane.
Hidra is in ’n baanresonansie van 2:3 met Nix en van 6:11 met Styx (die verhoudings dui op die getal omwentelings per eenheidtyd).
Sy wentelperiode is 38,2 dae en sy wenteling is chaoties; dit tuimel soos Nix en Saturnus se maan Huperion.
Fisiese eienskappe duimnael|250px|'n Bewerkte foto van Hidra. Hidra is onreëlmatig gevorm. Sy spektrum is neutraal en dit bestaan hoofsaaklik uit waterys.https://twitter.com/NASANewHorizons/status/621396353852248064
Verkenning Die enigste gedetailleerde nabyfoto van die maan is vanaf sowat 640 000 km deur die tuig New Horizons geneem tydens die tuig se verbyvlug van die Pluto-Charon-stelsel op 14 Julie 2015. Die tuig het ook Hidra se oppervlaksamestelling, weerkaatsing en ander basiese fisiese eienskappe bestudeer.
Verwysings
(Final preprint)
Eksterne skakels Hidra-profiel deur Nasa NASA's Hubble Reveals Possible New Moons Around Pluto – Hubble-nuusvrystelling Hidra by ESA/Hubble
Kategorie:Mane van Pluto