duimnael|regs|200px|'n Vereenvoudigde voorstelling van 'n heliumatoom met 'n benaderde berekende deursnit van 62 pikometer 'n Pikometer (simbool: pm) is 'n lengtemaat wat van die SI-basiseenheid vir lengte, die meter, afgelei is en is 'n triljoenste van 'n meter (0,000000000001 m). Dit word uitgedruk as 1x10-12 m.

Die pikometer is een duisend femtometers, een duisendste van 'n nanometer, een miljoenste van 'n mikrometer (ook bekend as 'n mikron), een miljardste van 'n millimeter, en een biljoenste van 'n meter. Die simbool μμ is op 'n stadium daarvoor gebruik. Dit is ook een honderdste van 'n Ångström, 'n internasionaal bekende (maar nie-SI) eenheid van lengte.

Gebruik Die pikometer se lengte is van sodanige klein grootte-orde dat die toepassing daarvan byna volkome beperk is tot deeltjiefisika, kwantumfisika, chemie en akoestiek. Atome is tussen 62 en 520 pm in deursnee, en die tipiese lengte van 'n koolstof-koolstof enkelbinding is 154 pm. Kleiner eenhede is beskikbaar of selfs kleiner deeltjies te beskryf (waarvan sommige die komponente van atome is), soos hadrone en die boonste grootte-limiete vir fermione.

Die Ruimtelaserinterferometer- oftewel LISA-probe, met die doelwit om gravitasiegolwe waar te neem, word vir lansering in 2034 beoog. Dit sal relatiewe verplasings met 'n resolusie van 20 pikometer oor 'n afstand van 2,5 gigameter waarneem, wat op 'n ontledingsensitiwiteit van beter as 1 deel in 1020 neerkom.

SI-veelvoude Veelvoud Naam Simbool Veelvoud Naam Simbool100 meterm   103 kilometerkm10–3 millimeter mm106 megameterMm10–6 mikrometer µm109 gigameterGm10–9 nanometernm1012 terameterTm10–12 pikometerpm1015 petameterPm10–15 femtometerfm1018 eksameterEm10–18 attometeram1021 zettameter Zm10–21 zeptometer zm1024 jottameterYm10–24 joktometer ym

Daar is eenhede wat tot die metriese stelsel behoort het, maar wat nie meer in die S.I.-stelsel erken word nie, soos:

Veelvoud Naam Simbool Veelvoud Naam Simbool101 dekameterdam10–1 desimeterdm102 hektometer hm10–2 sentimeter cm10–10 Ângström Â

Verwysings

Kategorie:Lengtemate Kategorie:SI-eenhede