Die flaminke (Phoenicopteridae) is 'n familie van voëls. Die familie bestaan uit groot waadvoëls met lang nekke en bene, asook rooi en swart vlerke. Hulle word algemeen by vleie en panne aangetref, in sowel vars, brak en sout water.

Flaminke is vantevore onder die biologiese orde van ooievaaragtiges (Ciconiiformes) ingedeel. Tans word hulle egter in 'n eie orde, die Phoenicopteriformes geplaas. Die familie en orde omvat 6 spesies.

Taksonomie Genus Phoeniconaias Phoeniconaias minor (Kleinflamink) – kom voor in Oos-Afrika, die Persiese Golf en Noordwes-Indië Genus Phoenicoparrus Phoenicoparrus andinus (Andesflamink) – kom voor in die Chileense Andes Phoenicoparrus jamesi (James se flamink) – kom voor in die Andes van Peru en Noord-Chili Genus Phoenicopterus Phoenicopterus chilensis (Chileense flamink) – kom voor in gematigde Suid-Amerika Phoenicopterus roseus (Grootflamink) – kom voor in die Middellandse Seegebied, Wes-Asië en Afrika Phoenicopterus ruber (Rooiflamink) – kom voor in die Karibiese gebied en op die Galápagos-eilande

Eksterne skakels