Wes-Europese Somertyd is 'n tydsone wat een uur voor Gekoördineerde Universele Tyd val, met ander woorde UTC+1. 'n Deel van Wes-Europa val in hierdie tydsone. Hierdie tydsone beslaan die gebied van 7,5° westerlengte tot 7,5° oosterlengte.
Lande Die lande en territoria wat in hul geheel Wes-Europese Somertyd gebruik is: Faroëreilande Ierland Kanaaleilande Man Verenigde Koninkryk Ysland
Lande waarin Wes-Europese tyd op 'n deel van hulle grondgebied gebruik word: Groenland (omgewing van Danmarkshavn) Portugal (vasteland en die Madeira-argipel) Spanje (Kanariese Eilande)
Behalwe vir Ysland, gebruik al hierdie lande in die somermaande Wes-Europese Somertyd. Europese lande wat geografies binne die Wes-Europese tydsone lê, maar Middel-Europese Tyd gebruik, is: Andorra België Frankryk Luxemburg Monaco Nederland Spanje
Kategorie:Tydsones