Die Arthur C. Clarke-prys is 'n Britse letterkundeprys vir wetenskapsfiksie-romans wat in die Verenigde Koninkryk gepubliseer word. Dit word toegeken sonder enige beperkinge op die outeurs se nasionaliteit, solank as wat die vollengte roman gedurende die vorige kalenderjaar in Engels gepubliseer of vertaal is. Dit is genoem na die Britse skrywer Arthur C. Clarke, nadat hy in 1987 die nodige geldelike bydrae gemaak het om hierdie toekenning op die been te bring.
Die Suid-Afrikaanse skrywer Lauren Beukes het hierdie toekenning in 2011 ontvang vir haar roman Zoo City.
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Letterkundige toekennings