duimnael|links|Noordelike wand van Kangchenjunga met hoofpiek, westelike piek en Kangbachen (v.l.n.r.) duimnael|links|Lugbeeld van die Kangchenjunga-massief, soos vanaf die suide afgeneem duimnael|links|Kangchenjunga se westelike piek, hoofpiek, middelpiek en suidelike piek (v.l.n.r.) Kangchenjunga (Nepalees: कञ्चनजङ्घा, Tibettaans: གངས་ཆེན་མཛོད་ལྔ་, Hindi: कंचनजंघा) is 'n berg in die Himalaja wat op die grens tussen Indië en Nepal geleë is. Met 'n hoogte van 8 586 meter is dit die derde hoogste berg van Asië en die wêreld ná Berg Everest en K2. Sedert die toetreding van die Koninkryk van Sikkim is Kangchenjunga die hoogste berg van die Indiese unie. Dit is die mees oostelike berg met 'n hoogte van meer as 8 000 m.
Die naam van dié berg is van die Tibettaanse naam afgelei en bestaan uit die vier woorde gangs "sneeu", chen "groot", mdzod "skatkamers " en lnga "vyf", wat as "Die vyf skatkamers van die groot sneeu" vertaal kan word. Die berg word deur die bewoners van die deelstate Sikkim en Darjeeling as heilig vereer.
Bergpieke Kangchenjunga is die enigste van die agt-duisende, waar ná die hoofpiek ook drie verdere pieke 'n hoogte van meer as 8 000 m bereik. Die (vermoedelik) gelyknamige vyf pieke van Kangchenjunga is: Bergpiek Hoogte Prominensie Eberhard Jurgalski: Hoogte en Prominensie op www.8000ers.com. Besoek op 20 Mei 2015. Kangchenjunga se hoofpiek 8 586 m 3922 m Kangchenjunga se westelike piek (Yalung Kang) 8 505 m 135 m Kangchenjunga se middelpiek 8 473 m 63 m Kangchenjunga se suidelike piek 8 476 m 116 m Kangbachen se piek 7 902 m
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Berge van Indië Kategorie:Berge van Nepal Kategorie:Himalaja Kategorie:Sikkim