Die Opel Rekord was 'n groot gesinsmotor of uitvoerende motor wat in agt geslagte deur die Duitse motorvervaardiger Opel gebou is. Tussen 1953 en 1986 is ongeveer tien miljoen eenhede verkoop.

Teen laatsomer 1986, is die Rekord vervang deur die Opel Omega.

Ranger Die Ranger was 'n Rekordgebaseerde reeks deur die Opel Continental aanleg in Antwerpen, België, gebou, vir die algehele Europese mark. Stilering was soortgelyk aan die Rekord, hoewel die Ranger 'n vierkopligsierrooster gehad het, soortgelyk aan die Vauxhall Victor FD reeks van daardie tyd. Aanvanklik was daar twee modelle: Ranger 130 en Ranger 153. In 1970 is bykomende modelle aangekondig, synde die Ranger 1900, Ranger 2500 en 'n "SS" variant, gebaseer op die Ranger 153.

Daar was ook 'n Suid-Afrikaanse Ranger, gebou in General Motors Suid-Afrika se aanleg in Port Elizabeth. Bekend as Suid-Afrika se eie motor, was sy kenmerk 'n springboklogo op die sierrooster, en is ook geproduseer as 'n stasiewa.

Verwysings

Rekord