duimnael|'n MQ-9 Reaper in vlug (2007)

Die gebruik van 'n Onbemande Vliegtuig (OV) word algemeen deur die nasionale lugvaartowerheid van die betrokke land gereguleer.

Sertifisering Een van die belangrikste struikelblokke tot vinnige, volskaalse groei van kommersiële onbemande vliegtuie, is die versekering van veiligheid. Terwyl etlike sertifiseringsagentskappe spook om tred te hou met die unieke vereistes van hierdie vinniggroeiende bedryf, is een ding duidelik – standaarde vir bemande vliegtuie is vinnig besig om na OV's oor te spoel. Om vir die komplekse elektroniese kommunikasie en beheer van hierdie stelsels voorsiening te maak, moet daar spoedig aan regulasies DO-178C en DO-254 vir sagteware- en hardewareontwikkeling voldoen word. In die meeste gevalle kan die onbemande vliegtuie slegs as deel van 'n stelsel bedryf word, vandaar die term "Onbemande Vliegtuigstelsel" of OVS . Die OVS bestaan uit 'n onbemande vliegtuig (OV), 'n afgeleë vlieënierstasie en die bevel-, beheer- en kommunikasieskakels wat hulle verbind.

In 2011 het die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie van die Verenigde Nasies omsendbrief 328 gepubliseer – hierdie dokument verklaar dat 'n OV gelykstaande vlakke van veiligheid as bemande vliegtuie moet toon, en dus aan die betrokke regering se reëls vir vlugte en vlugtoerusting moet voldoen. In die Verenigde State van Amerika het die Kongres in 2012 'n wet uitgevaardig wat die Federale Lugvaartadministrasie verplig om voorsorg te tref vir die toelaat van OV's in die kommersiële lugruim. Dit het gelei tot die uitreiking van "Die integrasie van die Siviele Onbemande Vliegtuigstelsels (OVS) in die Nasionale lugruimstelsel (NAS) Padkaart”. Vanaf 2014 is 'n lugwaardigheidsertifikaat die enigste manier om toegang tot die Amerikaanse Nasionale Lugvaartstelsel te verkry.

Die padkaart is, in wese, 'n aanvaarding dat OV's soortgelyke lugwaardigheid as konvensionele bemande vliegtuie vereis.

Volgens land Die Europese Unie ondervind voordele en uitdagings vir die gebruik van OV's, en in 2014 stel hulle 'n stel regulasies op om mense se veiligheid, sekuriteit en privaatheid te beheer ten opsigte van onbemande vliegtuie.Kallas, Siim. "European Commission calls for tough standards to regulate civil drones" Europese Unie, 8 April 2014. Besoek op 9 April 2014.

Australië In 2013 het 'n woordvoerder van die Departement Burgerlugvaartveiligheid gesê dat afstandbeheerde vliegtuie ten minste 30 m weg van strukture, geboue en mense moet wees. Daar moet ook vooraf by die plaaslike raad seker gemaak moet word in watter gebiede hulle gebruik mag word.

Die Departement Burgerlugvaartveiligheid se regulasies vereis ook dat OV's op 'n manier bedryf moet word wat geen vorm van gevaar kan genereer nie.

Frankryk Vlugte oor kernkragsentrales is onwettig in Frankryk, met 'n gevangenisstraf van een jaar of 'n boete van €75,000 indien 'n vliegtuig binne 5 km horisontaal of 1 km vertikaal van 'n sentrale kom.

Ierland In 2012 het die Ierse Lugvaartdepartement 'n dokument gepubliseer waarin die veiligheidsvoorwaardes vir onbemande vliegtuie beskryf word. Die departement se beleid is dat onbemande vliegtuie nie gevlieg mag word sonder dat die operateur vooraf toestemming van hulle ontvang het nie.

Suid-Afrika In April 2014 het die Suid Afrikaanse Burgerlugvaartorganisasie (BLO) aangekondig dat hulle gaan ingryp in die onwettige vlieg van OV's oor Suid Afrikaanse lugruim. Hulle het ook verklaar dat geen vlugte gemagtig is nie, en dat huidige vlugte onwettig is. Merkwaardige groei in OVs het die departement genoodsaak om regulasies in plek te stel om onbemande vliegtuie in die Suid-Afrikaanse lugruim te akkommodeer. Boetes van tot R50 000 of 10 jaar gevangenisstraf kan aan oortreders opgelê word.

Na afloop van besprekings tussen sleutelspelers soos vervaardigers, verbruikers en ander lugruimgebruikers, is 'n konsep voorgelê aan die minister van vervoer vir die hersiening en goedkeuring van die wetgewing op die gebruik van OV's. Die nuwe wetgewing het in werking getree op 1 Julie 2015 en word genoem "Die Agste Wysiging van die Suid-Afrikaanse Lugvaartregulasies, 2015".

Die nuwe regulasies fokus sterk op veiligheidsaspekte, onder andere dat OV's nie hoër as 120 m, of nader as 50 m aan 'n persoon of groep persone mag vlieg nie, tensy vooraf goedkeuring van die owerheid verkry is.

Lugruimbeperkings geld ook vir vlugte bo-oor, of in die nabyheid van: Kernaanlegte Gevangenisse Polisiestasies Hofgeboue Nasionale strategiese sleutelpunte Nasionale parke en natuurreservate

Die vlieg van OV's naby bemande vliegtuie is streng verbode. Operateurs moet inskakel by lugverkeerowerhede vir die area waarin hulle vlieg en rekord moet gehou word van alle vlugte. Openbare paaie mag ook nie gebruik word vir opstyg en landing van onbemande vliegtuie nie.

Nog 'n veiligheidsregulasie verbied die vlieg van 'n onbemande vliegtuig in ongunstige weerstoestande waar sigbaarheid nadelig beïnvloed word. Afsonderlike goedkeuring word vereis waar die lyn van sig onbeheerbaar is, of vir vlugte in die nag.

Huidige regulasies laat ook nie toe dat OV's gebruik word vir die aflewering of vervoer van goedere nie. Uit 'n stokperdjieoogpunt mag OV's ook nie gebruik word om 'n ander vliegtuig te sleep nie en formasievlugte word ook verbied.

Operateurs van OV's moet beskik oor 'n Burgerlugvaartorganisasie- goedgekeurde lisensie en 'n goedkeuringsbrief wat vir 12 maande geldig is. Enige voorvalle moet aangemeld word by die betrokke owerheid, veral as ernstige skade of besering veroorsaak is.

Verenigde Koninkryk Die Verenigde Koninkryk se Departement van Burgerlugvaart vereis dat nie-militêre OV's groter as 20 kg in staat moet wees om outomaties ander vliegtuie te kan opspoor en boodskappe uitstuur om hulle te vermy. Dit is egter 'n tegnologie wat steeds uitstaande is in die meeste onbemande vliegtuie in privaatgebruik.

Vanaf 2013 vereis die departement "lyn van sig" vir die vlieg van OV's kleiner as 20 kg en ook dat vlugte verbied word binne 150 m vanaf 'n beboude area en binne 50 m vanaf enige voertuig of persoon. OV's mag ook nie vir kommersiële doeleindes gebruik word nie.Schlesinger, Fay (16 Maart 2013) "Animal activists to use drones in fight against illegal hunting" The Times, p.17; intekening benodig

Verenigde State Die Verenigde State se Federale Lugvaartadministrasie (FAA) het die naam onbemande vliegtuig aanvaar as beskrywing vir 'n vliegtuig sonder enige bemanning aan boord. Om 'n OV vir nie-ontspanningsdoeleindes te vlieg moet operateurs 'n sertifikaat bekom vir toelating tot die nasionale lugruim. Bykomend tot die sertifikaat word die gebruik van OV's vir wetstoepassing afsonderlik deur elke staat beheer.

Verwysings

Kategorie:Lugvaart