Die Opel Kadett is 'n klein gesinsmotor wat deur die Duitse motorvervaardiger Opel vervaardig is tussen 1937 en 1940, en weer van 1962 tot 1991 (die Cabrio het voortbestaan tot 1993), toe dit vervang is deur die Opel Astra.
Die eerste Opelmotor wat die naam Kadett gedra het, is in Desember 1936 aan die publiek bekendgestel deur Opel se tegniese direkteur, Heinrich Nordhoff, wie later bekendheid verwerf het vir sy leierskap in die heropbou van die Volkswagenmaatskappy.
Die nuwe Kadett het die innoverende Opel Olympia opgevolg in die gebruik van 'n onderstellose skulprompkonstruksie. Soos die Vauxhall 10, wat in 1937 deur Opel se Engelse sustermaatskappy bekendgestel is, het dit daarop gedui dat die Opel Kadett ontwerp is vir hoëvolume-, laekosteproduksie.
Suid-Afrika
Die Opel Kadett D is ook in Suid-Afrika gebou deur General Motors Suid-Afrika (Edms) Bpk. Die Suid-Afrikaanse reeks het bestaan uit: 'n vierdeur "fastback"-sedan, vyfdeurluikrug, en 'n vyfdeurstasiewa genoem die "Voyage". Die enjins wat gebruik was, is Opel se 1,2 liter oorhoofseklep inlynviersilinder (L-modelle), of die bonokas 1,3 liter (GL, GLS en Voyage). Kraglewering was 44 en 55 kW onderskeidelik, en later is 'n 1,6 liter-enjin bygevoeg.
Verwysings
Kadett