Die Sjebellerivier (Amharies: ሸበሌ ወንዝ Šäbälle wänz, Somalies: Webi Shabeelle, Italiaans: Uebi Scebeli) is 'n groot suid-vloeiende rivier in Oos-Afrika. Die rivier is met 'n lengte van minstens 1 820 km een van die langste riviere aan die Horing van Afrika en die grootste sytak van die Joebarivier.1 100 km volgens Climate, 2008 National Statistics (Abstract) , Table A.1.)2 488 km volgens (Caterina Madau, Gavino Mariotti: Vie fluviali, tematismo privilegiato nella cartografia degli esploratori italiani dell'Africa Orientale: tra proposte, polemiche, informazione, 2004) Sjebelle beteken in Somalies Luiperd.

duimnael|links|Nasa-Satellietbeelde van die Sjebellerivier in Ethiopië en Suid-Somalië voor en tydens oorstromings in 2005 Die Sjebellerivier ontspring in die Ethiopiese Hoogland en sy bron word deur die Sidama asook van die Arsi-Oromo as heilig vereer. J. Spencer Trimingham: Islam in Ethiopia, Geoffrey Cumberlege for the University Press, Oxford 1952, bl. 260 Die rivier vloei aansluitend in oostelike en later in suidoostelike rigting deur die Ethiopiese Somali-streek Ogaden. Na omtrent die helfte van sy verloop bereik die Sjebellerivier die grens tot Somalië. Na 'n langwerpige regs-boog vloei die rivier net noord aan die hoofstad Mogadisjoe verby, maar bereik nie die stad nie. Aansluitend vloei die Sjebellerivier parallel tot die kus van die Indiese Oseaan in suidwestelike rigting, waar die rivier die meeste tyd van die jaar in die moeras insypel. Naby Kismaayo, Somalië, mond die Sjebellerivier in die Joebarivier uit, net voordat dit in die Indiese Oseaan uitmond. Die Sjebellerivier is soms ook langer as die Joebarivier, veral tydens reënryke jare.

Sien ook Lys van riviere in Afrika

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Riviere in Ethiopië Kategorie:Riviere in Somalië