Die Tarimrivier (Chinees: 塔里木河, Tǎlǐmù Hé; Oeigoers: تارىم دەرياسى, Tarim Däryasi) is 'n groot oos-vloeiende rivier in die weste van die Volksrepubliek China. Die rivier, met 'n lengte van 2 030 km, is die grootste rivier in die Chinese outonome gebied Xinjiang en die langste rivier in Sentraal-Asië. Die naam van die Sentraal-Asiatiese Tarimbekken tussen die Tiensjan- en die Kunlun-gebergtes is van die Tarimrivier afgelei.

duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van die Tarimbekken in Sentraal-Asië Die Tarimrivier ontstaan deur die saamvloei van die riviere Aksu, Yarkant en Kaxgar, naby Aksu, Xinjiang. Aansluitend vloei die rivier in 'n oostelike rigting in die Tarimbekken deur die noordelike deel van die Taklamakanwoestyn. Die Tarimrivier eindig in die oostelike deel van die Tarimbekken. Hier verloor die rivier water deur verdamping, infiltrasie en ontslag in besproeiingskanale.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Riviere in die Volksrepubliek van China Kategorie:Xinjiang