Die Joebarivier (Somalies: Wabiga Jubba [d͡ʒubːɑ], Italiaans: Giuba) is 'n groot suid-vloeiende rivier in Oos-Afrika. Die rivier is met 'n lengte van 1 658 km een van die langste riviere aan die Horing van Afrika.
duimnael|links|Lugbeeld van die Joebarivier naby Jamaame, Somalië Die Joebarivier ontstaan deur die saamvloei van die uit die Ethiopiese Hoogland komende Ganale Doria en Dawariviere naby Dolow, Somalië, aan die grens tot Ethiopië. Die rivier vloei aansluitend deur die Suidwes-Somaliese streek Jubaland, die waterrykste gebied van dié land. Naby Kismaayo, Somalië, mond die Sjebellerivier, die rivier se grootste sytak, in die Joebarivier uit, net voordat dit in die Indiese Oseaan uitmond. Die Sjebellerivier is soms ook langer as die Joebarivier, veral tydens reënryke jare.
Sien ook Lys van riviere in Afrika
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Ethiopië Kategorie:Riviere in Somalië