duimnael|260px|’n Kaart van die aardbewing en naskokke. duimnael|260px|Tektoniek van Nepal duimnael|260px|Die ontruiming van geboue in Kolkata. Die Nepalese aardbewing van 2015 (ook die Himalaja-aardbewing genoem) was ’n aardbewing op 25 April 2015 om 11:56:26 (NST)/07:11:26 (UCT+1) met ’n krag van 7,8 op die Richterskaal en ’n verwoestende krag (IX) op die skaal van Mercalli.
Die episentrum lê ongeveer 34 kilometer oossuidoos van Lamjung, met ’n hiposentrum van ongeveer 10 kilometer diep. Dit is die ergste ramp in die Suid-Asiatiese land Nepal sedert die aardbewing tussen Nepal en Bihar in 1934. Tydens die aardbewing het minstens 7 500Medianuusverslae op 2015-05-05 mense omgekom en is talle antieke Nepalese tempels vernietig of beskadig. Die meeste slagoffers was in Nepal, maar daar was ook slagoffers in omliggende lande, waaronder Indië, China en Bangladesj.
Die aardbewing het ’n sneeustorting op Berg Everest veroorsaak wat die lewe van minstens 19 mense geëis het,nytimes.com 2015-04-27 katmandu-nepal-fear-loss-and-devastation, nytimes.com; accessed 28 April 2015. wat dit die dodelikste dag op die berg in die geskiedenis maak. Dit het nog ’n groot sneeustorting in die Langtangvallei veroorsaak waar 250 nou vermis word. Eeue oue geboue is vernietig soos die Unesco-wêrelderfenisgebiede in die Katmandoevallei, insluitend op die Katmandoe Durbar-, Patan Durbar- en Bhaktapur Durbar-plein. Die regering van Nepal het ná die aardbewing drie dae van rou afgekondig.
Geofisici en ander kundiges waarsku reeds dekades lank dat Nepal kwesbaar is vir ’n dodelike aardbewing, veral as gevolg van die geologie, verstedeliking en argitektuur.
Voortgesette naskokke het oor die hele Nepal voorgekom, met ’n skok van 6,7 op 26 April om 00:54:08 NST.http://earthquake.usgs.gov/earthquakes/eventpage/us200029bt#general_summary Etlike dae daarna was daar steeds 'n risiko dat grondverskuiwings die gebied kon tref.
Verwysings
Eksterne skakels USGS Earthquake Hazards Program
Kategorie:Aardbewings Kategorie:2015 Kategorie:Nepal