Mount Townsend is met 'n hoogte van 2 209 meter die tweede hoogste berg op die vasteland van Australië ná die nabygeleë Mount Kosciuszko. Die berg is in die deelstaat Nieu-Suid-Wallis in die Australiese Alpe van die Groot Skeidingsgebergte geleë.
duimnael|links|Noordoostelike uitsig oor Mount Kosciuszko se noordelike bergspits, skildery van Eugene von Guérard (1811–1901), olie op doek, 1863 Mount Townsend is in 1840 deur die Poolse ontdekkingsreisiger Paweł Strzelecki ontdek en vir die eerste keer bestyg. Die berg is in 1885 deur Robert Lendlmayer von Lendenfeld na 'n regeringsamptenaar Mr. Townsend genoem.
Naby Mount Townsend is Mount Kosciuszko geleë, met 'n hoogte van 2 228 meter ietwat groter. Die name Mount Kosciuszko en Mount Townsend is oorspronklik toegewys aan hierdie berge. By hermeting is uitgevind, dat die as-hoër-beskoude Mount Kosciuszko kleiner is as Mount Townsend. Sodat Mount Kosciuszko die hoër berg kon bly, het die New South Wales Lands Department later die name van die twee berge omgeruil.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Berge van Australië Kategorie:Nieu-Suid-Wallis