Mount Cook (Māori: Aoraki) is met 'n hoogte van 3 724 meter die hoogste berg van Nieu-Seeland. Die berg is op die Suideiland in die Nieu-Seelandse Alpe geleë.

duimnael|links|Mount Cook in winter met die Hooker-gletser op die voorgrond Mount Cook is op 13 Desember 1642 deur die Nederlandse ontdekkingsreisiger Abel Tasman ontdek. In 1851 is die berg deur die Britse offisier John Lort Stokes ná die Britse ontdekkingsreisiger James Cook genoem; Cook het die eilande van Nieu-Seeland vir die eerste keer omseil. In 1998 is die amptelike naam na Aoraki / Mount Cook verander om die historiese Māorinaam Aoraki te inkorporeer.

Aoraki is die naam van 'n persoon in die tradisies van die Ngāi Tahu iwi; 'n vroeë benaming vir die Suideiland is Te Waka o Aoraki ("Aoraki se kanoe"). In die verlede het baie geglo dit beteken "wolkdeursteker", 'n romantiese weergawe van die naam se komponente: ao (wêreld, bedags, wolk, ens.) en raki of rangi (dag, hemel, weer, ens.). Histories is die Māorinaam Aorangi gespel en het die die gestandaardiseerde Māorivorm gebruik.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Berge van Nieu-Seeland