duimnael|links|Mount Saint Elias soos gesien vanaf Icy Bay, Alaska Mount Saint Elias is 'n berg in Noord-Amerika wat op die grens tussen die Amerikaanse deelstaat Alaska en die Kanadese gebied Yukon geleë is. Met 'n hoogte van 5 489 meter is dit die derde hoogste berg in die Rotsgebergte ná die Mount McKinley en die Mount Logan. Dit is die tweede hoogste berg van beide die VSA en van Kanada. Die Mount Saint Elias is aan die suidwestelike punt van beide Yukon en Kanada se grondgebied net suidwes van die Mount Logan geleë.

Mount Saint Elias is op 16 Julie 1741 deur die Russiese ontdekkingsreisiger Vitus Bering ontdek en is genoem ná die Kaap Saint Elias in Alaska.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Alaska Kategorie:Berge van Kanada Kategorie:Berge van die Verenigde State van Amerika Kategorie:Rotsgebergte Kategorie:Yukon