Die Federale Republiek van Sentraal-Amerika (Spaans: República Federal de Centro América), of Verenigde Provinsies van Sentraal-Amerika (Provincias Unidas del Centro de América) in die eerste jaar van sy bestaan, het vanaf 1823 tot 1838 op die gebied van die huidige Sentraal-Amerikaanse republieke Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras en Nicaragua, asook die Meksikaanse deelstaat Chiapas bestaan. (Belize was destyds 'n Britse kolonie en Panama het deel uitgemaak van Simón Bolívar se Republiek van Groot-Colombia.) Ná Nieu-Spanje se onafhanklikheidsverklaring en die daaropvolgende Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog (1810–1821) het die Spaanse kolonie onafhanklik geword en Sentraal-Amerika het by die kortstondige Eerste Meksikaanse Keiserryk aangesluit. Nadat keiser Agustín de Iturbide (1822–1823) omvergewerp en later tereg gestel is, het die Sentraal-Amerikaanse gebiede op 1 Julie 1823 hul onafhanklikheid van Meksiko verklaar en die Verenigde Provinsies van Sentraal-Amerika gestig.

duimnael|links|Historiese kaart van Sentraal-Amerika omstreeks 1840 duimnael|links|Kaart wat die voormalige deelstate van die Federale Republiek van Sentraal-Amerika en hul huidige vlae vertoon Reeds kort na die stigting van die Federale Republiek van Sentraal-Amerika het interne magstryd dié land geskeur, sodat die Federasie tussen 1838 en 1841 volgens 'n burgeroorlog weer uitmekaar geval het. Die verbrokkeling het met Nicaragua se afskeiding op 5 November 1838 (ander bronne gee Nicaragua se afstigtingsdatum op 30 April ) begin, gevolg deur Honduras en Costa Rica. As gevolg van die chaotiese karakter van hierdie tydperk is presiese datums afskeidings nie bekend nie, maar op 31 Mei 1838 het die kongres ontmoet om te verklaar dat die provinsies vry was om hul eie onafhanklike republieke te stig. In werklikheid het dit net die proses van verbrokkeling wat reeds begin het, wettig erken. Die unie het in 1840 fakties geëindig, nadat reeds vier van sy vyf deelstate hul onafhanklikheid verklaar het. Die amptelike einde het gekom met El Salvador se self-proklamasie van 'n onafhanklike republiek in Februarie 1841.

Demografie Bevolking volgens deelstaat in 1839: Cesare Cantú (1857). Historia universal: Cronología, geografía, arqueología. Documentos. Tomo VII. Madrid: Imprenta de Gaspar y Roig, bl. 407 DeelstaatTotale bevolkingIndianeWitMulatte Costa Rica 150 000 25 000 125 000 onbekend Guatemala 700 000 450 000 100 000 150 000 Honduras 300 000 onbekend 60 000 240 000 El Salvador 350 000 70 000 70 000 210 000 Nicaragua 350 000 120 000 110 000 120 000 Federale Distrik 50 000 20 000 10 000 20 000 Totaal 1 900 000 685 000 475 000 740 000

Opvolging Vanuit die Federale Republiek se tydperk het die gebruik van die Sentraal-Amerikaanse kleure blou en wit in die vlae asook van vrymesselaar-simbole in die wapens oorleef. Selfs die Nasionale Dag op 15 September word in die vyf huidige republieke tot vandag gevier.

+ Deelstate in 1839 border|100x50px border|100x50px border|100x50px border|100x50px border|100x50px border|100x50px Costa Rica El Salvador Guatemala Honduras Nicaragua Los Altos

+ Huidige vlae border|100x50px border|100x50px border|100x50px border|100x50px border|100x50px border|100x50px Costa Rica El Salvador Guatemala Honduras Nicaragua Chiapas

Verwysings

Bronne Pérez Brignoli, Héctor: A brief history of Central America. Univ. of California Press, Berkeley, Calif. [u.a.] 2000, .

Eksterne skakels

Grondwet van die Federale Republiek van Sentraal-Amerika in 1824

Kategorie:Geskiedenis van Costa Rica Kategorie:Geskiedenis van El Salvador Kategorie:Geskiedenis van Meksiko Kategorie:Geskiedenis van Guatemala Kategorie:Geskiedenis van Honduras Kategorie:Geskiedenis van Nicaragua