Beta Cephei (afgekort as β Cep), met die tradisionele naam Alfirk, is ’n ster van die 3de magnitude in die sterrebeeld Kefeus (Cepheus). Dit is die prototipe van die Beta Cephei-veranderlikes.
Eienskappe Beta Cephei is ’n driedubbele sterstelsel bestaande uit ’n spektroskopiese dubbelster en ’n metgesel met ’n skynbare magnitude van 8. Die sterre se gesamentlike skynbare magnitude wissel tussen 3,15 en 3,21 met ’n periode van 0,1904844 dae.
Beta Cephei A is ’n bloureus met ’n sterreklassifikasie van B2 IIIev. Die "ev" staan vir "spektraalemissies wat veranderlikheid toon". Dié reus het ’n radius van en ’n massa van . Soos die meeste klas B-sterre met ’n groot massa, is Beta Cephei ’n relatief jong ster met ’n geraamde ouderdom van 50 miljoen jaar. Beta Cephei A draai stadig om sy as, teen sowat 7 grade per dag – ’n volle rotasie duur sowat 51 dae.
Name "Beta Cephei" is die ster se Bayer-naam. Die tradisionele naam is "Alfirk" (Arabies: الفرقة al-firqah), wat "Die Trop" beteken; dit verwys na ’n trop skape. Dié ster, saam met Alpha en Eta Cephei, is deur Ulug Beg Al Kawākib al Firḳ (الكوكب الفرق) genoem: die "Sterre van Die Trop".Davis Jr., G. A., "The Pronunciations, Derivations, and Meanings of a Selected List of Star Names,"Popular Astronomy, Vol. LII, No. 3, Okt. 1944, p. 16.
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Alfirk" vir die ster Beta Cephei Aa goedgekeur omdat hulle eiename aan individuele sterre toegeken het in plaas van aan stergroepe.
Verwysings
Eksterne skakels
Jim Kaler's Stars, University of Illinois:ALFIRK (Beta Cephei) AAVSO Variable Star of the Month, Winter 2005: "The Beta Cephei Stars and Their Relatives" An Atlas of the Universe: "Multiple Star Orbits" 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Kefeus (sterrebeeld) Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:B-tipe subreuse Kategorie:A-tipe hoofreekssterre