Chi Cygni, of χ Cyg, is ’n veranderlike ster van die Mira-klas in die sterrebeeld Swaan (Cygnus).
Chi Cygni het sover bekend een van die grootste wisselings in skynbare magnitude van alle sterre. Dit verhelder en verdof gewoonlik tussen die 5de en die 13de magnitude. Uiterste magtinides wat al waargeneem is, is onderskeidelik 3,3 en 14,3. Die gemiddelde periode van die wisselings is 407 dae.
Chi Cygni is by sy minimum net met ’n teleskoop groter as 30 cm sigbaar, terwyl dit by sy maksimum maklik met die blote oog gesien kan word. Dit is sowat 345 ligjare van die Aarde af.
Die sterrekundige Gottfried Kirch het in 1686 sy veranderlikheid ontdek.
Verwysings
Bronne Robert Burnham Jr.: Burnham's Celestial Handbook, Volume Two, p. 762
Eksterne skakels
http://www.aavso.org http://jumk.de/astronomie/special-stars/chi-cygni.shtml "Spot the difference – Chi Cyg at max" (30 April 2013) 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Swaan (sterrebeeld) Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:S-tipe sterre