Vir die klas Delta Cephei- veranderlike sterre, sien Cepheïed.

Delta Cephei, of δ Cep, is die Bayer-naam van ’n dubbelster (δ Cep A en B) sowat 887 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Kefeus (Cepheus). Op hierdie afstand neem die ster se skynbare magnitude af met 0,23 weens gas en stof in die gesigslyn. Dit is die prototipe-ster van die Cepheïed-veranderlikes wat periodieke helderheidswisselings ondergaan.

Eienskappe Delta Cephei is een van die naaste van hierdie soort veranderlike sterre aan die Son – net Polaris is nader. Sy veranderlikheid word veroorsaak deur gereelde pulserings in die buitenste lae van die ster. Dit wissel van magnitude 3,48 tot 4,37, en sy sterreklassifikasie wissel ook van spektraaltipe F5 tot G3. Die pulseringsperiode is 5,366341 dae, met die verheldering wat vinniger geskied as die verdowwing. Note: search on 'del cep' after selecting the 'period' field.

links|duimnael|Die ligkurwe van Delta Cephei wys die magnitude versus die pulseringsfase. Omdat die periode van dié klas veranderlikes afhang van die ster se helderheid, is Delta Cephei van besondere belang vanweë sy periode-helderheidsverhouding omdat hy een van die Cepheïede is waarvan die afstand die akkuraatste bepaal is. Dié akkuraatheid is deels daaraan te danke dat hy in ’n sterreswerm lê en aan die beskikbaarheid van presiese Hubble-ruimteteleskoop/Hipparcos-parallakse. Dus kon Hubble in 2002 Delta Cephei se afstand bepaal binne ’n foutmarge van 4%: 890 ligjare.

Hierdie soort sterre het waarskynlik aanvanklike massas van 3-30 keer dié van die Son; daarna beweeg hulle deur die hoofreeks as B-tipe sterre. Met die waterstof in hul kerns opgebruik, gaan hierdie onstabiele sterre nou deur die latere fases van kernfusie. Die geraamde massa van Delta Cephei is keer dié van die Son. In hierdie stadium van sy evolusie het die buitenste lae van die ster uitgesit tot gemiddeld 44,5 keer die omtrek van die Son.

links|duimnael|Die boogskok om Delta Cephei. Delta Cephei straal 2 000 keer soveel lig uit as die Son vanuit sy buitenste atmosfeer. Dit skep ’n sterk sterwind wat, tesame met die pulserings en skokke in die ster se atmosfeer, massa uitskiet teen ’n tempo van sonmassas per jaar, of die ekwivalent van die massa van die Son elke miljoen jaar. Hierdie materie beweeg teen sowat 35 km/s-1 na buite. Die resultaat van dié gas is ’n newel van sowat 3,3 ligjare breed wat om Delta Cephei gesentreer is en 0,07-0,21 sonmassas neutrale waterstof bevat. ’n Boogskok ontwikkel waar die sterwind met die omringende interstellêre medium bots.

Naby Delta Cephei is ’n metgesel-ster met ’n magnitude van 7,5 met die naam HD 213317 (δ Cep B), wat deur klein teleskope sigbaar is. Dit is self ’n dubbelster met ’n gesamentlike sterreklassifikasie van B7-8 III-IV. Dit verhit die materie wat die sterwind uitskiet en as gevolg daarvan straal die omringende materiaal infrarooistrale uit.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Kefeus (sterrebeeld) Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Veelvoudige sterre Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:F-tipe superreuse Kategorie:G-tipe superreuse