duimnael|links|Nieu-Swede (Nya Sverige) omstreeks 1650 duimnael|links|Die relatiewe ligging van Nieu-Nederland (Nieuw-Nederland) en Nieu-Swede (Nya Sverige) in die ooste van Noord-Amerika Nieu-Swede (Sweeds: Nya Sverige, Fins: Uusi Ruotsi, Latyns: Nova Svecia) is 'n voormalige Sweedse kolonie wat van 1638 tot 1655 in Noord-Amerika bestaan het. Die gebied is vandag deel van die Amerikaanse deelstate van Delaware, New Jersey en Pennsilvanië. Die kolonie se hoofstad was Fort Christina, die hedendaagse Wilmington.
Nieu-Swede is op 29 Maart 1638 deur Sweedse setlaars naby Delawarebaai gestig. Dit was Swede se eerste kolonie in die Amerikas en 'n strategies belangrike handelspos en nedersetting aan die benedeloop van die Delawarerivier. Dit is naas Swede en Finne ook deur Noord-Duitsers en Nederlanders bewoon.
Die kolonie is in 1655, ná 'n gewapende konflik, deur die Nederlander Peter Stuywesant geannekseer en by Nieu-Nederland ingelyf. Die Sweedse inwoners is toegelaat om hulle eie kultuur en taal uit te leef.
Goewerneurs Die goewerneurs van die kolonie was: Peter Minuit, 1638. Måns Nilsson Kling, 1638–1640. Peter Hollander Ridder, 1640–1643. Johan Björnsson Printz, 1643–1653. Johan Papegoya, 1653–1654. Johan Rising, 1654–1655.
Sien ook Nieu-Engeland Nieu-Frankryk Nieu-Nederland Nieu-Spanje
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Delaware Kategorie:Geskiedenis van Swede Kategorie:Geskiedenis van die Verenigde State van Amerika Kategorie:New Jersey Kategorie:Pennsilvanië