Santa Monica 280px Kaart Seël 180px|center 75px|center Vlag 90px|center Land  Deelstaat 20px Kalifornië County 22px Los Angeles Koördinate  Gestig op 3 Augustus 1769 Geïnkorporeer op 30 November 1886 Oppervlakte:    - Totaal 21,80 vk km  Hoogte bo seevlak 32 m Bevolking:    - Totaal (2018) 91 411  - Bevolkingsdigtheid 4 193/vk km Tydsone PST (UTC -8) Somertyd PDT (UTC -7) Burgemeester Kevin McKeown (D) Amptelike Webwerf smgov.net Santa Monica is 'n stad in die deelstaat Kalifornië geleë aan die voet van die Santa Monica-berge aan die Stille Oseaan. Dit is ongeveer 24km wes van Los Angeles. Die nedersetting het dorpstatus verkry in 1827 en stadstatus in 1886. Toerisme is 'n groot bron van inkomste en die stad is bekend vir roofvishengel en hulle strande.Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 20, Bladsy 418. 'n Ligte treinstelsel, die Metro Expo Line, verbind die middestede van Santa Monica en Los Angeles met mekaar.

Little Britain In Kalifornië word na Santa Monica soms verwys as Little Britain weens die betreklik groot Britse gemeenskap van tydelik tussen 4 000 en 5 000 siele wat hulle hier sedert die vroeë 1960's gevestig het. Intussen het die gemeenskap weens hoë eiendomspryse en strenger immigrasievereistes gekrimp tot 807 burgers (soos in 2011).marketplace.org, 20 Julie 2012: Santa Monica business hurt by British expats departing. Besoek op 10 Mei 2018Santa Monica Daily Press, 30 Julie 2013: Brit expat population dwindles. Besoek op 10 Mei 2018 Die enigste weekblad in die Verenigde State met Britse immigrante as teikengroep, The British Weekly, word eweneens hier gepubliseer.The British Weekly - About Us. Besoek op 10 Mei 2018BBC America: The Brit List: The 10 Most British Towns in America. Besoek op 10 Mei 2018

Vroeë Britse inwoners het bekende literêre persoonlikhede soos Christopher Isherwood en W. H. Auden ingesluit. Isherwood, wat hom in Kalifornië kom vestig het nadat hy in die tyd van die Republiek van Weimar enkele jare saam met sy lewensmaat W. H. Auden in Berlyn deurgebring het, is in 1986 in sy huis in Santa Monica aan kanker oorlede. Vandag is dit hoofsaaklik bekendes uit die vermaaklikheidsbedryf wat hulle hier kom vestig om sukses op die Amerikaanse mark te behaal.

Vervoer Lughawe duimnael|links|Santa Monica-lughawe temidde van digbeboude woonbuurte waar bewoners al lank gekla het oor geraas en besoedeling wat deur vliegtuie veroorsaak word duimnael|links|Die westelike eindpunt van die historiese U.S. Route 66-grootpad by Santa Monica Pier Die Stad Santa Monica is die eienaar van die oudste lughawe in Los Angeles County wat steeds in bedryf en sowat tien kilometer noord van Los Angeles se internasionale lughawe (LAX) geleë is. Die Federale Lugvaartadministrasie FAA het die lughawe in sy Nasionale Plan vir Geïntegreerde Lughawestelsels vir die tydperk tussen 2009 en 2013 as 'n sogenaamde reliever airport gekategoriseer - 'n lughawe dus waarna vliegtuie kan uitwyk as groter lughawens in die omgewing hul kapasiteitsgrense bereik.

Volgens amptelike planne sal Santa Monica-lughawe (SMO) teen 2028 gesluit word. In Junie 2019 is met die verkorting van die bestaande aanloopbaan met 'n lengte van tans 5 000 tot 3 500 voet begin. Die lughawe se oppervlakte van 227 akkers sal as park herontwikkel word. Met die oog op Santa Monica se betreklik groot getal werksgeleenthede wat daagliks tienduisende pendelaars die stad laat binnestroom en die heersende behuisingstekort, word daar tans 'n openbare debat gevoer oor 'n alternatiewe herontwikkeling van die terrein as woonbuurt, gegewe die beskikbaarheid van werksgeleenthede, vervoergeriewe en skole in die lughawe se onmiddellike omgewing - die Westside van Los Angeles.kcrw.com - Design and Architecture, 11 Junie 2019: Is a park the best future use of Santa Monica Airport? Besoek op 13 Junie 2019

Media Radiostasies KCRW, een van twee radiostasies in die Groter Los Angeles-gebied met volle lidmaatskap in NPR, die VSA se openbare radionetwerk, saai sy programme vanuit die kampus van Santa Monica-kollege op 89,9 MHz FM uit.

Verwysings

Eksterne skakels Toerisme

Santa Monica Travel & Tourism

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Kalifornië