duimnael|Wolfgang Schmittel het in 1952 as vryskut-grafikus by die bekende Duitse vervaardiger van huishoudelike toestelle, Braun AG, aangesluit en die onderneming se kenteken herontwerp Wolfgang Schmittel (* 1930 in Frankfurt am Main; † 24 Januarie 2013 in Kronberg im Taunus) was 'n Duitse grafikus, advertensiespesialis en fotograaf. Sy werk as ontwerper, onder meer vir Braun GmbH, was rigtingwysend vir 'n hele bedryf. Na hom word dikwels verwys as die oervader van korporatiewe identiteit en korporatiewe ontwerpkuns.Dieter Herbst: Corporate Identity. Berlin: Cornelsen 1998
Verwysings
Kategorie:Duitse fotograwe Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Sterftes in 2013