Die Honda CR-V is 'n kompakte Oorkruis SNV ("crossover" genoem in Amerika), wat sedert 1995 deur Honda vervaardig word. Dit is losweg afgelei van die Honda Civic. Daar is teenstrydighede oor waarvoor "CR-V" staan, mees algemeen is dit "Comfortable Runabout Vehicle"
Honda het die CR-V begin vervaardig in Sayama, Japan, en Swindon, Engeland vir wêreldwye markte. Hulle voeg Amerikaanse produksie by in East Liberty, Ohio, in 2007; El Salto, Jalisco, Meksiko, teen laat 2007; en Alliston, Ontario, Kanada, in 2012. Die CR-V word ook geproduseer in Wuhan (Hubei provinsie) vir die Chinese mark deur die Dongfeng Honda Motormaatskappy, 'n gesamentlike onderneming met Dongfeng Motorkorporasie.
Die CR-V is Honda se kleinste SNV naas die verwante Element (Kanada en VSA), en die HR-V (Europa). In grootte pas die CR-V tussen die Element en Pilot in.
Verwysings
CR-V