Hierdie artikel handel oor die Baleariese eiland. Vir ander gebruike van "Ibiza", sien Ibiza (dubbelsinnig).

Ibiza (Katalaans: Eivissa [əjˈvisə]) is 'n Spaanse eiland in die Middellandse See en is die derde grootste eiland van die Baleariese Eilande. Dit is ongeveer 97 km van die ooskus van Spanje, 80 km suidwes van Majorka en het 'n oppervlakte van 571,6 km². Die hoofstad is die dorp met dieselfde naam, Ibiza. Ibiza is in 1999 deur Unesco weens sy biodiversiteit en kultuur as wêrelderfenisgebied gelys.

Sien ook Lys van eilande van die Middellandse See

Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 12, Bladsy 453.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Amptelike Unesco-bladsy

Kategorie:Baleariese Eilande Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Spanje