duimnael|regs|280px|2014 Ford Transit Custom paneelwa. Die Ford Transit Custom is 'n middelgrootte, voorwielaangedrewe wa wat sedert 2012 deur die Ford Motormaatskappy geproduseer word. Dit vervang as 'n selfstandige model die kleiner voorwielaandrywing weergawes van die vierde geslag Ford Transit. Soos met die res van die Transitreeks, is die beter toegeruste passasiersweergawe gemerk as die Tourneo Custom.

Dit is in 2012 onthul by die Handelsvoertuigskou in die Nasionale Uitstalsentrum in Birmingham, Engeland. Tans word die Transit Custom nie in die Verenigde State en Kanada bemark nie, maar dit word wel in Meksiko verkoop. Een enjin is beskikbaar, 'n 2.2 L inlynviersilinder Duratorq turbodiesel, in drie kragleweringsvlakke: 74 kW en 310 N·m se wringkrag, 92 kW en 350 N·m wringkrag, en 113 kW en 385 N·m wringkrag.

Kategorie:Ford