Die Volkswagen up! is 'n stadsmotor, deel van die Volkswagengroep se "Nuwe Klein Familiereeks" modelle, onthul by die Frankfurt Motorskou in 2011. Produksie van die up! het in Desember 2011 by Volkswagen se Bratislava-aanleg in Bratislava, Slowakye begin.
Die produksie up! volg op 'n reeks konsepmotors, wat reeds in 2007 by die Frankfurt Motorskou vertoon is. Alle up! konsepte is ontwerp deur die Volkswagengroep se hoofontwerper, Walter de'Silva, en hul hoofontwerper van passasiersmotors, Klaus Bischoff. Tydens die Frankfurtse bekendstelling is 'n paar verdere up! konsepmotors vertoon, waaronder 'n 73 kW (98 pk) GT weergawe, 'n natuurlike gas-aangedrewe Eco-up! (wat slegs 79 g CO2 per km vrystel), asook 'n vierdeur-oorkruismodel.
Verwysings
up!