Die Volkswagen Caddy is 'n ligte afleweringsvoertuig wat sedert 1980 deur Volkswagen vervaardig word en dwarsoor die wêreld verkoop word. Die Volkswagen Caddy word sedert 1980 in Amerika verkoop en sedert 1982 in Europa. Die volgende voertuie hou verband met die Volkswagen Caddy en is ook vervaardig deur die Volkswagengroep:
Typ 14 is afgelei van die Volkswagen Golf Mk1, Typ 9K is afgelei van die Volkswagen Polo Mk3 platform, Typ 2K is afgelei van die Volkswagen Touran platform en het Golf Mk5 voorvering.
Caddy maak sy internasionale debuut as die Volkswagen Rabbit
Die Caddy het ontstaan toe Volkswagen geëksperimenteer het met afgeleides van die Golf, 'n stasiewa ("estate") en 'n bakkie. Volkswagen in Amerika was geïnteresseerd in die bakkie, en het toe die VW Rabbit bakkie vrygestel, en van 1979 tot 1982 in Volkswagen se Westmoreland-monteeraanleg in Pennsilvanië gebou. Dit is in Noord-Amerika bekend as die Volkswagen Rabbit bakkie met afwerkingsvlakke soos LX en Sportruck.Volkswagen Driver, Desember 2005, pp. 47-50 - VK Publikasie Die Caddy is nie eintlik 'n "Caddy" genoem voor 1982, toe dit in Europa vrygestel is, nie. Die VW Rabbit bakkie het destyds meegeding met ander nutskoepees soos die Ford Courier en Subaru BRAT.
duimnael|links|Caddy II (Typ 9KV)
Verwysings
Caddy