Polypodiaceae is ’n familie varings wat meer as 60 genera insluit en sowat 1 000 spesies bevat. Byna almal is epifiete (lugplante), maar nie almal nie.G. Panigrahi and S.N. Patnaik (1961), Cytology of Some Genera of Polypodiaceae in Eastern India, Nature 191, 1207–1208.
Eienskappe Die stamme van Polypodiaceae-plante wissel van regop tot kruipend. Die blare is volledig, veerspletigProf. dr. S.J. du Plessis (samesteller). Voorlopige Woordelys in Landbou en Bosbou. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Pro Ecclesia-drukkery, Stellenbosch, 1950. of gevurk. Die blaarstingels het nie steunblare nie. Die skubberige wortelstokke is gewoonlik kruipend.
Die plante kom in nat klimaatstreke voor, veral in reënwoude. In gematigde streke groei die meeste spesies óf op ander plante óf op rotse.
Twee bekende varings in die familie is Pleopeltis polypodioides en Phlebodium aureum.
Verwysings
Eksterne skakels Polypodiaceae
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Plantfamilies Kategorie:Varings