Gesneriaceae is ’n familie blomplante wat uit sowat 150 genera 3 200 spesies bestaan. Dit kom in tropiese en subtropiese klimaatstreke voor, met net ’n paar spesies in gematigde streke. Baie spesies het kleurryke blomme en word as sierplante gekweek.

Eienskappe Die meeste spesies is meerjarige kruidplante of substruike, maar ’n paar is houtagtige struike of klein bome. Die blaarstand is gewoonlik teenoorstaande en oorkruis, maar in sommige groepe is daar ’n spiraal- of afwisselende rangskikking. Die blomme het gewoonlik ’n sigomorfe kroon (met ’n bilaterale simmetrie) waarvan die kroonblare ineenvloei om ’n buis te vorm. Die vrugbeginsel kan bo- of onderstandig wees en die vrug is ’n droë of vlesige kapsule of bessie. Die sade is altyd klein en talryk.

Die familie word in veral twee belangrike subfamilies verdeel: Cyrtandroideae in die Ou Wêreld en Gesnerioideae in die Nuwe Wêreld. Die algemeenste genus is Cyrtandra, wat sowat 600 spesies bevat en hoofsaaklik in Suidoos-Asië, Maleisië, Indonesië, die Filippyne en die eilande van Stille Oseaan tot by Hawaii voorkom. Verskeie genera is gewilde huisplante, waarvan die bekendste die Usambaraviooltjie of Saintpaulia ionantha is.

’n Paar genera duimnael|Die Usambaraviooltjie. Achimenes Aeschynanthus Agalmyla Alloplectus Alsobia Amalophyllon Ancylostemon Anna Anodiscus Asteranthera Besleria Boea Briggsia Bucinellina Capanea Chirita Chiritopsis Chrysothemis Codonanthe Columnea (vlieënde goudvisplant) Conandron Corallodiscus Crantzia Cyrtandra Diastema Didissandra Didymocarpus Drymonia Episcia (vlamviooltjie)Nasionale Vakterminologiediens van die Departement van Nasionale Opvoeding. Woordeboek vir Tuinboukunde met Plantname. Die Staatsdrukker, Pretoria. 1991. Eucodonia Gasteranthus Gesneria Glossoloma Gloxinella Gloxinia Gloxiniopsis Haberlea Hemiboea Henckelia Isometrum Jancaea Koellikeria Kohleria Loxostigma Lysionotus Mandirola Mitraria Monophyllaea Monopyle Nautilocalyx Negria Nematanthus Neomortonia Niphaea Nomopyle Opithandra Oreocharis Paliavana Paraboea Pearcea Petrocosmea Phinaea Primulina Ramonda Raphiocarpus Rhabdothamnus Rhynchoglossum Rhytidophyllum Sarmienta Saintpaulia (Usambaraviooltjie) Seemannia Sinningia Smithiantha Solenophora Sphaerorrhiza Stauranthera Streptocarpus (Kaapse sleutelblom) Titanotrichum Tremacron

Verwysings

Eksterne skakels Genera van Gesneriaceae Gesneriaceae-verwysings Gesneriaceae: alles wat jy moet weet

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Plantfamilies