duimnael|links|180px|Graptopetalum paraguayense.
Crassulaceae, die vetkruidfamilie,Prof. dr. S.J. du Plessis (samesteller). Voorlopige Woordelys in Landbou en Bosbou Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Pro Ecclesia-drukkery, Stellenbosch, 1950. of die plakkieplantfamilie. is ’n familie tweesaadlobbige plante met vetplantblare. Hulle is gewoonlik kruidagtig, maar daar is ’n paar substruike en sommige is selfs waterplante en boomagtig. Hulle word wêreldwyd aangetref, maar veral in die Noordelike Halfrond en Suider-Afrika. Die familie sluit sowat 1 200-1 500 spesies en 36 genera in.t'Hart, H. (1997). Diversity within Mediterranean Crassulaceae. Lagascalia, 1-2, 93-100.
Geen lede van die familie is belangrike landbougewasse nie, maar baie is gewilde tuinbouplante; hulle het dikwels ’n vreemde, bekoorlike voorkoms en is taamlik gehard. Bekende spesies sluit in die kerkeibos (Crassula ovata) en Kalanchoe blossfeldiana.
Klassifikasie Crassulaceae is ’n monofiletiese groep binne die eudikotiele as lid van die orde Saxifragales. Sommige ouer klassifikasiestelsels plaas Crassulaceae in Rosales. Klassifikasie binne die familie is moeilik omdat baie van die spesies maklik verbaster – in die natuur en in tuinbou.
Genera Daar is 36 genera wat tot die familie hoort:http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:30000887-2
Adromischus Lem. Aeonium Webb & Berthel. Afrovivella A.Berger Aichryson Webb & Berthel. Chaloupkaea Niederle Chiastophyllum (Ledeb.) A.Berger Cotyledon L. Crassula L. Cremnophila Rose Dudleya Britton & Rose Echeveria DC. Graptopetalum Rose Hylotelephium H.Ohba Hypagophytum A.Berger Kalanchoe Adans. Kungia K.T.Fu Lenophyllum Rose Meterostachys Nakai Monanthes Haw. Orostachys Fisch. Pachyphytum Link, Klotzsch & Otto Perrierosedum (A.Berger) H.Ohba Petrosedum Grulich Phedimus Raf. Pistorinia DC. Prometheum (A.Berger) H.Ohba Pseudosedum (Boiss.) A.Berger Rhodiola L. Rosularia (DC.) Stapf Sedum L. Sempervivum L. Sinocrassula A.Berger Thompsonella Britton & Rose Tylecodon Toelken Umbilicus DC. Villadia Rose
Verwysings
Eksterne skakels Crassulaceae by SucculentCity Crassulaceae in Topwalks
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Plantfamilies Kategorie:Crassulaceae