Asparagaceae is ’n familie blomplante in die orde Asparagales.
In vroeëre klassifikasiestelsels is die betrokke spesies dikwels in die familie Liliaceae geplaas. Die APG II-stelsel van 2003 laat twee opsies toe vir die familie: óf Asparagaceae sensu lato ("in die breër sin") óf Asparagaceae sensu stricto ("in die enger sin"). Die hersiene APG III-stelsel van 2009 laat net die breër sin toe.
’n Geskrif wat in dieselfde tyd gepubliseer is, stel sewe subfamilies voor om ooreen te stem met die oorspronklike aparte families. Hulle is: Agavoideae = familie Agavaceae en Hesperocallidaceae Aphyllanthoideae = familie Aphyllanthaceae Asparagoideae = familie Asparagaceae sensu stricto Brodiaeoideae = familie Themidaceae Lomandroideae = familie Laxmanniaceae Nolinoideae = familie Ruscaceae Scilloideae = familie Hyacinthaceae
Verwysings
Eksterne skakels Asparagaceae [sensu stricto] in L. Watson en M.J. Dallwitz (vanaf 1992). The families of flowering plants : beskrywings, illustrasies en inligting. 27 April 2006. by delta-intkey.com Liliaceae in Flora of North America
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Plantfamilies