Die Chevrolet Captiva is 'n mediumgrootte SNV wat deur GM Daewoo (nou GM Korea), die Suid-Koreaanse filiaal van General Motors, ontwikkel is en verkoop word onder die Chevrolet-handelsmerk. Die Captiva maak gebruik van die GM Thetaplatform en is afgelei van die Chevrolet S3X-konsepmotor, geopenbaar in 2004. Die Thetaplatform onderlê ook die "Opel Antara", die Captiva se meganiese afgeleide wat ook gebou word deur Daewoo.
Internasionaal is dit verkoop as die "Chevrolet Captiva", maar die Suid-Koreaanse mark se motors was as die Daewoo Winstorm gekenteken tot 2011, toe die internasionale naam oral aangeneem is. Die Australiese-spesifikasie model heet die Holden Captiva.
Verwysings
Captiva