Princeton is 'n nedersetting in die deelstaat Illinois en die administratiewe setel van Bureau County.Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 19, bl. 378 Princeton is ongeveer 155 km suidwes van Chicago geleë.
Princeton, 'n belangrike sentrum vir landbou, is in 1831 gestig toe setlaargesinne uit Nieu-Engeland op soek na goeie landbougrond hulle hier gevestig het. Later het gesinne uit die Mid-Atlantiese deelstate by hulle aangesluit. Nog voor die Amerikaanse Burgeroorlog het inwoners die spoorwegonderneming Burlington Railway genader om 'n spoorweg sowat een myl buite hul nedersetting te bou - as waarborg vir verdere groei. Die gemeenskap het vervolgens begin om die nedersetting uit te brei en sy hoofstraat tot die spoorweg verleng.David A. Belden and the Bureau County Historical Society: Postcard History Series - Princeton. Charleston, South Carolina: Arcadia Publishing 2010
Amtrak-treindienste (soos die Carl Sandburg-trein op die roete tussen Chicago en Quincy) verbind Princeton met ander nedersettings in Illinois.Amtrak Guide: Carl Sandburg. Besoek op 30 Augustus 2020
Verwysings
Eksterne skakels Ekonomie en toerisme
Princeton Area Chamber of Commerce and Main Street
Kategorie:Nedersettings in Illinois