New Brunswick is 'n stad in die deelstaat New Jersey en is ook die administratiewe setel van Middlesex County. Die eerste nedersetters het hulle reeds in 1680 hier gevestig. Gedurende 1720 was die nedersetting New Bruncwick genoem ter ere van koning George I van Groot-Brittanje. In 1730 het Nederlandse setlaars gearriveer vanaf Albany, New York. Gedurende die volgende dekade het New Brunswick 'n belangrike deurgang op die pad tussen Philadelphia en New York geword.

Gedurende die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog het George Washington die dorp vir kort tydjie beset maar generaal William Howe het dit daarna die Britse Hoofkwartier vir sewe maande gemaak.

Die dorp het in 1863 'n stad geword.

Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 17, Bladsy 366.

Kategorie:Nedersettings in New Jersey