Carl Wegner (* 7 Februarie 1991, Ficksburg) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat in die Superrugbyreeks vir die Cheetahs, en in die Curriebeker vir die Vrystaat Cheetahs op slot speel.
Loopbaan In 2009 is Wegner by die Suid-Afrikaanse skolespan ingesluit en in 2011 het hy die Suid-Afrikaanse o/20-span verteenwoordig. Wegner het aan die einde van 2012 by die Franse klub Stade Français aangesluit, maar aan die einde van die 2013-14-seisoen teruggekeer Bloemfontein toe nadat hy ’n kontrak met die Vrystaatse Rugbyunie onderteken het wat hom tot einde 2015 sou kontrakteer.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1991 Kategorie:Lewende mense