duimnael|regs|250px|Yamaha is die wêreld se grootste buiteboordmotorvervaardiger. duimnael|regs|280px|'n Serie van 3 Yamaha-buiteboordenjins duimnael|regs|200px|'n 140 pk Suzuki-buiteboord
'n Buiteboordmotor is 'n motor wat aan die agterkant van 'n boot ('n watervaartuig) geheg word en dien om die boot aan te dryf. Die motor dien nie net as aandrywing nie, maar gewoonlik ook as die roer. Hiervoor word die motor aan 'n draaibare spil aan die boot "gehang". Die mees gebruikte tipe buiteboordmotor is die binnebrandenjin, in tweeslag- of vierslagformaat.
Daar bestaan ook elektriese motors wat baie omgewingsvriendelik en stil funksioneer. Hulle is egter slegs geskik vir klein bote wat korter afstande hoef te vaar, aangesien die geringe vermoë van sy lae kraglewering die gebruiksopsies beperk. Hulle is dus geskik vir 'n vissersbootjie of 'n fluisterboot in 'n natuurreservaat.
Fynstelling Fynstelling ( trim) is die hoek van die motor in verhouding met die romp van die boot, soos hieronder getoon. Die ideale fynstellingshoek is dié een waarby die boot waterpas oor die water gly, met die grootste deel van die romp bó die wateroppervlak, in plaas daarvan om deur die water "te ploeg". Neutrale trim Trim in Trim uit
Lys van vervaardigers Aquawatt Electric Outboard Motor Bolynder Trim Briggs & Stratton British Anzani British Seagull Carniti China Parsun Marine Evinrude Honda Marine Johnson Mariner Mercury Nissan Marine Selva Suzuki Tohatsu Yamaha Outboards Yanmar Diesel Power
Eksterne skakels
Kategorie:Enjins