Die treurvy (Ficus benjamina) is ’n spesie blomplante in die familie Moraceae, wat inheems is aan Suid- en Suidoos-Asië en Australië. Dit is die amptelike boom van Bangkok.

Eienskappe Die boom word 30 meter hoog in natuurlike toestande, waar sy vrugte deur verskeie voëls geëet word. Die blink, afhangende, ovaalvormige blare word 6 tot 13 cm lank. Binnenshuis word dit sowat 5 meter hoog.

Dit is ’n gewilde huisplant in gematigde streke omdat dit nie veeleisend is nie. Dit verkies helder, sonnige plekke, maar sal heelwat skaduwee kan hanteer. Dit het in die somer ’n gemiddelde hoeveelheid water nodig, en in die winter net genoeg om te keer dat dit uitdroog. Die plant is sensitief vir koue en moenie in ’n trek staan nie. Binnenshuis kan dit te groot word en snoei nodig hê.

Die boom se vrugte is eetbaar, maar dit word nie gewoonlik vir sy vrugte gekweek nie. Die blare is baie sensitief vir ’n klein verandering in die hoeveelheid lig. Wanneer dit geskuif of gedraai word, kan dit baie van sy blare verloor en dit vervang met nuwe blare wat aan die nuwe ligsituasie gewoond is.

Verskeie kultivars is beskikbaar, onder meer 'Danielle', 'Naomi', 'Exotica' en 'Golden King'. Sommige kultivars se blaarpatrone kan wissel van lig- tot donkergroen, en sommige het gestreepte blare. Die dwergkultivars soos 'Too Little' is van die gewildste plante vir binnenshuise bonsais.

Probleme As die blare geel word, kry dit te veel water. As die blare afval, kry dit te min lig of staan dit in ’n trek. Rooimyte en dopluise kan voorkom.Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992.

Verspreiding Die spesie kom natuurlik voor in Australië, Andaman-eilande, Bangladesj, Bismarckargipel, Borneo, China, Hainan, Filippyne, Indië, Java, Kambodja, Laos, Klein-Soenda-eilande, Maleisië, Mianmar, Molukke, Nepal, Nieu-Guinee, Nicobar-eilande, Salomonseilande, Soematra, Soelawesi, Taiwan, Thailand en Viëtnam.

Sien ook Lys van uitheemse bome wat in Suid-Afrika voorkom

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Ficus Kategorie:Blomme Kategorie:Huisplante Kategorie:Sierplante Kategorie:Tuinplante Kategorie:Uitheemse bome in Suid-Afrika Kategorie:Flora van Australië Kategorie:Flora van die Andaman-eilande Kategorie:Flora van Bangladesj Kategorie:Flora van die Bismarckargipel Kategorie:Flora van Borneo Kategorie:Flora van die Volksrepubliek China Kategorie:Flora van Hainan Kategorie:Flora van die Filippyne Kategorie:Flora van Indië Kategorie:Flora van Java Kategorie:Flora van Kambodja Kategorie:Flora van Laos Kategorie:Flora van die Klein-Soenda-eilande Kategorie:Flora van Maleisië Kategorie:Flora van Mianmar Kategorie:Flora van die Molukke Kategorie:Flora van Nepal Kategorie:Flora van Nieu-Guinee Kategorie:Flora van die Nicobar-eilande Kategorie:Flora van Salomonseilande Kategorie:Flora van Soelawesi Kategorie:Flora van Soematra Kategorie:Flora van Taiwan Kategorie:Flora van Thailand Kategorie:Flora van Viëtnam