Willie du Plessis (* 5 Junie 1990, Pretoria) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat in die Superrugbyreeks vir die Cheetahs, en in die Curriebeker vir die Vrystaat Cheetahs op losskakel gespeel het.

Loopbaan Jeugspanne Du Plessis het vir die Blou Bulle in die 2008 o/18 Akademieweek gespeel voordat hy in Durban by die Natalse Haaie aangesluit het. Hy het in 2009 vir Natal in die provinsiale o/19-kompetisie gespeel en die volgende jaar in die o/21-kompetisie waar hy 96 punte in 12 wedstryde aangeteken het. Hy is in Natal se Vodacombekerspan vir 2011 maar het geen wedstryde gespeel nie. Hy het egter nog twee wedstryde vir die o/21-span gespeel, waarna hy na die Blou Bulle is waar hy nog vier wedstryde in die o/21-kompetisie gespeel het.

Senior spanne Du Plessis is ingesluit in die Blou Bulle se Vodacombekerspanne vir 2012 en 2013 en het sy debuut in seniorrugby teen die Valke gemaak. In 2013 het Du Plessis, in sy span se wedstryd teen die Limpopo Blou Bulle, ’n rekord 40 punte aangeteken met die eindtelling 110–0. Du Plessis het in hierdie wedstryd twee drieë gedruk en met vyftien doelskoppe geslaag.

Vir die 2013 Curriebekerseisoen het Du Plessis ’n korttermynkontrak met die Vrystaat Cheetahs onderteken. Aan die einde van 2013 het hy ’n kontrak met die Goue Leeus gesluit en in November 2013 na Johannesburg gegaan. Hy het egter nie baie tyd in Johannesburg spandeer nie en is terug na Bloemfontein vir die 2015 Superrugbyseisoen.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1990 Kategorie:Lewende mense