Die Ford Sierra was 'n groot gesinsmotor wat van 1982 tot 1994 deur Ford van Europa gebou is. Dit is ontwerp deur Uwe Bahnsen, Robert Lutz en Patrick le Quément. Die kodenaam tydens sy ontwikkeling was "Projek Toni"

Die Ford Sierra is op 22 September 1982 onthul op die Britse Internasionale Motorskou aangebied by die NUK in Birmingham. Verkope het op 15 Oktober 1982 begin, met die vervanging van die Ford Cortina. Sy aërodinamiese stilering was sy tyd ver vooruit, en baie konserwatiewe kopers (insluitend maatskappymotorbestuurders) was nie juis gediend met die Ford Cortina se plaasvervanger nie.

Dit is hoofsaaklik vervaardig in Duitsland, België en die Verenigde Koninkryk, alhoewel Sierras ook gemonteer is in Argentinië, Ierland, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Venezuela.

Verwysings

Sierra