Die boslelie (Clivia miniata) is ’n spesie blomplante in die genus Clivia en die familie Amaryllidaceae. Dit is inheems aan vogtige habitats in Suid-Afrika (Wes-Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal) en Eswatini – waar dit binnens- en buitenshuis geplant word. Dit is blykbaar ook in Meksiko genaturaliseer.Kew World Checklist of Selected Plant Families

Eienskappe Die plant het blink, lynvormige blare wat dit ’n gewilde sierplant maak. Dit word sowat 45 cm hoog en die trompetvormige blomme is rooi, oranje of geel met ’n subtiele maar baie soet geur. Dit gaan in die vroeë lente oop. Minstens een kultivar, C. miniata variegata met geel gestreepte blare, word ook aangetref.

In streke met ’n minimum temperatuur laer as 10 ºC word dit as ’n huisplant gekweek.

Probleme Blare wat geskroei voorkom en bruin word, dui op te veel direkte sonlig. Wolluise kan ook voorkom.Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. Die plant is ook effens giftig.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels http://www.cliviaforum.co.za http://www.cliviabase.co.za http://www.blankees.com/house/plants/k_lily.htm http://www.plantzafrica.com/plantcd/cliviaminiata.htm

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Blomme miniata Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Huisplante Kategorie:Sierplante Kategorie:Tuinplante