Die vingerplant (Fatsia japonica) is ’n spesie blomplante in die familie Araliaceae. Dit is inheems aan Suid-Japan en Suid-Korea.
Die naam "fatsia" kom van die oud-Japannese woord vir "agt" (hachi in moderne Japannees) en verwys na die "agt" lobbe. Die naam "aralia" kom van die genus Aralia wat vroeër ’n breër interpretasie gehad het.
Eienskappe Dit is ’n immergroen struik wat sowat 3 tot 6 meter hoog word. Die stewige stamme het min takke. Die groot blare kom in ’n spiraalpatroon voor en word 20 tot 50 cm breed. Dit het 7 tot 9 breë lobbe en lyk soos die vingers aan ’n menslike hand, vandaar die Afrikaanse naam. Die blomme is klein en wit en kom voor in die laat herfs tot vroeë winter, gevolg deur klein, swart vrugte.
Dit is ’n bekende sierplant in warm klimaatstreke waar dit in die winter nie kouer as word nie. Daar is ook ’n kultivar met die naam F. japonica 'Variegata'.
Probleme Van die voorkoms van die blare kan afgelei word of die plant te warm, koud, droog of nat is. Plantluise kan voorkom.Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992.
Die sap, wat taai en gomagtig is, kan by sommige mense ’n veluitslag veroorsaak.
Galery
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Blomme Kategorie:Huisplante Kategorie:Sierplante Kategorie:Struike Kategorie:Tuinplante