duimnael|links|270px|'n Ford XA Falcon (1972/'73), soortgelyk aan die honderde Ranchero's wat woonwaens gesleep het in Suid-Afrika Die Ford Ranchero was 'n koepeenuts wat tussen 1957 en 1979 geproduseer is. In teenstelling met 'n bakkie, was die Ranchero aangepas van 'n tweedeurstasiewaplatform wat die kajuit en vragbed met die bakwerk geïntegreer het. Altesaam 508 355 eenhede is gedurende die model se produksieloop geproduseer. Dit was aangepas uit volgrootte, kompakte en intermediêre motors wat deur die Ford Motormaatskappy vir die Noord-Amerikaanse mark gebou is.
Gedurende die 1970's is die Ranchero-naam op die Suid-Afrikaanse mark gebruik vir 'n her-embleemde Australiese Ford Falcon-nuts. Hierdie voertuie is in volledig-afgetakelde vorm (CKD) na Suid-Afrika verskeep, en in Port Elizabeth aanmekaar gesit.1972 Ranchero Bakkie - Australian XA Falcon Ute URL besoek op 8 Mei 2010 In Argentinië was 'n nutsweergawe van die plaaslikvervaardigde Ford Falcon ook bekend as die Ranchero.
Die Ranchero het so goed verkoop, dat 'n mededinger uit General Motors se stal ontluik het in 1959, die Chev El Camino.
Verwysings
Ranchero